Altesaam 522 leerders van 303 skole uit agt provinsies het die naweek deelgeneem aan die nasionale eindronde van die Sanlam WOW Spelfees by die Universiteit Stellenbosch. Hier is die wenners!
Stellenbosch het Saterdag 3 Oktober behoorlik gegons met meer as 500 leerders van 303 skole van reg oor Suid-Afrika wat hierheen gereis het om te kom klank en spel in die nasionale eindronde van die 17de Sanlam WOW Spelfees.
Dit is die grootste spelfees in Suid-Afrika en leerders het in drie tale deelgeneem: Afrikaans (graad 1 tot 10), Engels (graad 4 tot 9) en isiXhosa (graad 5 tot 8).
“Die bevordering van leerders se selfvertroue, taalvaardighede en taaltrots is die hoof doel van die spelfees,” sê Fiona van Kerwel, WOW-bestuurder, maar die topdriewenners in elke graad het ook heerlike pryse los geklank en spel. Die pryse het ingesluit kontant, selfone, boeke, medaljes, lapelbandjies en gelukbringers – eersteplekwenners het die Universiteit Stellenbosch (US) se stuitige Pokkel gekry! Alle leerders en beamptes het ook ook ’n sertifikaat vir deelname ontvang. Al die beamptes is opvoeders, vakadviseurs en onderwyskenners van WOW-skole wat deelneem aan die spelfees.

Frank Louw, uittredende programbestuurder van Auxiliary Projects by die Sanlam Foundation wat in 2010 by die spelfees betrokke geraak het, sê: “Dit was ’n ongelooflike reis. WOW het my baba geword. Ek wil net baie, baie dankie sê vir die deelname en ondersteuning van ons leerders, ouers, onderwysers, onderwysdepartemente, die WOW-span en die universiteit oor al hierdie jare heen. Ek gee graag die leisels oor aan Meshaye Sylvester wat hierdie projek by my sal oorneem.”


Die Sanlam WOW Spelfees is ’n vlagskipprojek van Woorde Open Wêrelde (WOW), ’n bemagtigingsinisiatief deur taal- en kultuurprojekte by die US-afdeling Mense, Kultuur en Transformasie. Daar was vanjaar 2 208 registrasies oor die drie tale vir dié bemagtigingsinisiatief.
Ray-Ann Sedres, hoof van die Sanlam Foundation, benadruk hulle toewyding aan – en passie vir – die spelfees. “Ons is hier vir die langtermyn, en dit is waarom ons hierdie inisiatief al vir byna 17 jaar lank ondersteun. Ek sien dus uit na volgende jaar om te sien hoe ons graad 8’s na graad 9 vorder ensovoorts, sodat julle kan aanhou om daardie liefde vir woorde en liefde vir lees te kweek, en om terug te kom om julle volgende fase as leerders te vier.”


Fiona van Kerwel het op haar beurt ook die borge, naamlik Sanlam en Jonathan Ball Publishers, asook die US, bedank.
“Julle weet wat dit maklik maak wanneer jy met borge en skenkers werk. Dit is as jy ’n verhouding met hulle het. Ons sien dus uit daarna om op daardie noot voort te hou,” het sy aan die nuwe programbestuurder van die Sanlam Foundation se opvoedkunde-portefeulje gesê.
Ons spel volgende jaar weer speel-speel saam!
Hier volg ’n lys wenners (wenners-foto’s is heel onderaan die bladsy)
Afrikaans
Gr. 1: Payton Bruintjies, Botrivier Primer, Wes-Kaap
Gr. 2: Maria Oelofse, Oranje-Noord Primêr, Noord-Kaap
Gr. 3: Kurshnee Kammies, Prins Albert Primêr, Wes-Kaap
Gr. 4: Lihanza Oosthuizen, Laerskool Volskenk, Wes-Kaap
Gr. 5: Cay-Lynn Lambrecht, Truida Kestell Primêr, Vrystaat
Gr. 6: Sonika Kleynhans, Laerskool Handhaaf, Oos-Kaap
Gr. 7: Isabella Verwey, Laerskool Louw Geldenhuys, Gauteng
Gr. 8: Rakeen Hendriks, Hoërskool Jan van Riebeeck, Wes-Kaap
Gr. 9: Wisdom Maparara, Wilgerivier Hoërskool, Vrystaat
Gr. 10: Lize Pelser, Helpmekaar Kollege, Gauteng
isiXhosa
Gr. 5: Ukho Cithi, Naphakade Primary, Wes-Kaap
Gr. 6: Inothando Moyakhe, Mbekweni Primary, Wes-Kaap
Gr. 7: Amahle Volsak, Naphakade Primary, Wes-Kaap
Gr. 8: Amila Mayibenje, Injongo High School, Wes-Kaap
Engels
Gr. 4: Swazi Hobongwana, Despatch Preparatory, Oos-Kaap
Gr. 5: Blake Fisher, College Hill Primary, Oos-Kaap
Gr. 6: Charique Coetzee, Laerskool Rustenburg, Noordwes
Gr. 7: Kieran September, William Lloyd Primary, Wes-Kaap
Gr. 8: Shenique Faas, Oranje-Suid Primary, Noord-Kaap
Gr. 9: Christel Manjoro, Apex Stellenbosch, Wes-Kaap
Lees hier meer oor die werk wat WOW doen om skoolgemeenskappe te bemagtig en ons kinders die kans op ’n blink toekoms te gee.




























