FOTO’S: Die gees van die 2026 Sanlam WOW Spelfees

Die Sanlam WOW Spelfees is ’n samekoms en ’n viering waar taaltrots gekweek word, selfvertroue gebou word en vrolikheid borrel! Meer as 500 leerders van 303 skole uit agt provinsies het Saterdag 3 Oktober deelgeneem aan die nasionale eindronde van die 17de spelfees van Woorde Open Wêrelde (WOW) by die Universiteit Stellenbosch. Loer deur die galery vir ’n kykie na die sprankelende oomblikke wat dié jong leerders, hul opvoeders, ouers en natuurlik die WOW-span sommer lank sal bybly.

FOTO’S: Grace Photography