WOW Kuns en kultuur
Verf- en verskompetisie
Met hierdie kompetisie wil WOW graag kreatiwiteit en ’n liefde vir kuns en poësie by jong leerders help aanwakker. Leerders moet ’n gedig (hul eie of ’n gepubliseerde gedig) neerskryf en versier op A3-grootte papier. Die kunswerk met die gedig daarop word in verskillende kategorieë beoordeel en in September word die wenners aangekondig. Hierdie kompetisie word volgens ’n voorafbepaalde tema benader.
Laerskole
Woordfees
WOW Debatsfees
Debatteerders kan hul vaardighede slyp en aan ’n informele kompetisie deelneem. Weens toenemende belangstelling is daar drie afdelings: Nuwe Besems (spanne met min ervaring), Ou Hande (meer ervaring) en Hardekoejawels (die ervare spanne). Gekose WOW-skole dring deur na die ATKV Debatskompetisie.
Hoërskole
Woordfees
WOW Redenaars
Laerskole word opgelei in die onderrig en aanbied van redenaarstoesprake. Leerders in graad 5 tot 7 neem deel aan die WOW Redenaars en spook dit uit om die beste redenaarstoespraak te lewer. Opvoeders word opgelei as beoordelaars en kry die geleentheid om deelnemers te beoordeel.
Laerskole
Woordfees
WOW Dramawerkswinkel
ʼn Werkswinkel waar drama-onderwysers en leerders se talente en tegnieke geslyp word in die skryf van ʼn nuwe teks, die verwerking van tekste tot ʼn drama-produksie, die regie van ʼn produksie, sowel as spelleiding vir akteurs. Dit word aangebied deur bekroonde dramaturge, akteurs en regisseurs.