WOW Telfees
Pret + plesier met syfers!
Die eerste WOW Telfees is in 2026 geloods. Dié fees dien as ’n opwindende platform vir leerders om hul syfervaardighede en wiskundige denke ten toon te stel, terwyl dit akademiese selfvertroue en skooltrots bevorder. Die WOW Telfees word in 2026 slegs in Afrikaans aangebied.
Wat doen ons?
Om WOW Telfeeste volgens die voorgeskrewe formaat aan te bied:
- In elke klas
- In elke graad van die deelnemende skole
- Telfeeste op kring-, distrik- en provinsiale vlak
Derde kwartaal
Waarom doen ons dit?
- Om opvoedkundige pret met wiskundige bewerkings te bevorder.
- Om syfervaardigheid en wiskundige geletterdheid te verbeter.
- Prettige aanbiedings, met ʼn element van spanning.
- Om liefde vir Wiskundige bewerkings te help aankweek.
Wanneer gebeur alles?
- Registrasies sluit: 30 Junie 2026
- WOW Telfeeste: Julie – Oktober 2026
Jul – Okt
Waar gebeur dit?
Venues wissel volgens inskrywings, maar Telfeeste word gewoonlik by deelnemende skole aangebied.
Hoërskole
Woordfees
Wie mag almal deelneem?
- Alle belangstellende skole
- Laerskool: Graad 4 – 7
- Hoërskool: Graad 8 – 9
Laer- & Hoërskole
April tot September
Belangrike inligting
Die formaat en reëls sal aan alle geregistreerde skole gestuur word, asook op die webwerf beskikbaar wees.