Woorde Open
Wêrelde

wow

WOW: ’n Bemagtigingsprojek aan die US

Kreatiewe programme gerig op die bevordering van taal, letterkunde en die kunste word deur WOW in skole en gemeenskappe aangebied om leerders en opvoeders se horisonne te verbreed. Verskeie lees- en skryfprojekte help om lesers te ontwikkel wat lees met genot én begrip. WOW gee aan voornemende studente die inligting wat hulle benodig vir tersiêre studie, en bemagtig talentvolle kandidate met WOW-studiebeurse van die Universiteit Stellenbosch (US). Die Sanlam WOW Spelfees is die grootste spelkompetisie in die land, word in ál nege provinsies aangebied en gee jong leerders in ’n vroeë stadium reeds blootstelling aan die US en die geleenthede wat dié instansie bied. WOW bied ook jaarliks ’n program by die Toyota Stellenbosch Woordfees aan ter viering van die verruimende waarde van die geskrewe en gesproke woord in al sy gedaantes.

nuusbanners (3)

Digkompetisie vir hoërskoolleerders

As deel van die eeuviering van Afrikaans as ’n amptelike taal het Oude Leeskamer, in samewerking met die Woorde open Wêrelde-inisiatief by die Universiteit Stellenbosch, ’n digkompetisie tydens die Maak los jou tong-gesprekke

Read More

EasyEquities & WOW vat hande

Registrasie vir die 2025 Sanlam WOW Spelfees open binnekort. Hou ons platforms dop.