Woorde Open
Wêrelde


WOW: ’n Bemagtigingsprojek aan die US
Kreatiewe programme gerig op die bevordering van taal, letterkunde en die kunste word deur WOW in skole en gemeenskappe aangebied om leerders en opvoeders se horisonne te verbreed. Verskeie lees- en skryfprojekte help om lesers te ontwikkel wat lees met genot én begrip. WOW gee aan voornemende studente die inligting wat hulle benodig vir tersiêre studie, en bemagtig talentvolle kandidate met WOW-studiebeurse van die Universiteit Stellenbosch (US). Die Sanlam WOW Spelfees is die grootste spelkompetisie in die land, word in ál nege provinsies aangebied en gee jong leerders in ’n vroeë stadium reeds blootstelling aan die US en die geleenthede wat dié instansie bied. WOW bied ook jaarliks ’n program by die Toyota Stellenbosch Woordfees aan ter viering van die verruimende waarde van die geskrewe en gesproke woord in al sy gedaantes.

’n Spelfees met gees: Wenners van 16de nasionale Sanlam WOW Spelfees 2025
Altesame 539 leerders van 350 skole uit agt provinsies het deelgeneem aan die eindronde van die Sanlam-WOW-Spelfees – die grootste een sedert die Covid-pandemie. Hier is die wenners! Stellenbosch het

Meer as 500 leerders in Okt. by nasionale Sanlam WOW Spelfees-eindronde 2025
Meer as 500 leerders van reg oor die land sal in Oktober aan die nasionale eindronde van die 2025 Sanlam WOW Spelfees in Stellenbosch deelneem. Dit is die grootste spelfees

Registreer gratis vir die Sanlam WOW Spelfees 2025
Registrasie vir die 2025 Sanlam WOW Spelfees is nou oop en deelname is heeltemal gratis. Dis die grootste spelfees in Suid-Afrika en skole en leerders van reg oor die land

Wes-Kaapse skole by WOW-skoolmedia-gala vereer
Uitblinkers op Woorde Open Wêrelde (WOW) se skoolmediakompetisie is Donderdag, 6 Maart tydens ’n gala-geleentheid by die Doornbosch-saal in Stellenbosch vereer. Die Paarliete Klein Nederburg Sekondêr het skoonskip gemaak met

Galery | WOW Gala 2024
Verskeie Wes-Kaapse skole is op 3 Desember by die WOW Gala op Stellenbosch vereer vir hul bywoning en deelname aan Woorde open Wêrelde (WOW) se opvoedkundige projekte. Waardevolle pryse soos

Wes-Kapenaars vereer met WOW-pryse
Dit was ’n aand om te koester vir me. Mary Bergh en P.C. Petersen Primêre Skool by vanjaar se Woordtrofees-toekennings. Hulle is onderskeidelik vereer as ons WOW-opvoeder van die jaar
EasyEquities & WOW vat hande

Registrasie vir die 2025 Sanlam WOW Spelfees open binnekort. Hou ons platforms dop.