WOW Fees tydens Woordfees
Kinderfees
Tydens US Woordfees. WOW nooi leerders vanuit skole in histories benadeelde gebiede en hulle woon dan die Kinderfees gratis by
Laerskole
US Woordfees
Langarmdans
Ten bate van ons gemeenskap bied WOW elke jaar tydens die US Woordfees ʼn langarmdans aan.
Diverse gehoor
US Woordfees
Karnaval
ʼn Hoogtepunt op die WOW feesprogram, is die jaarlikse Karnaval wat tydens die US Woordfees aangebied word. Bekende kunstenaars tree op en die publiek kry die geleentheid om hulle te ontmoet. Gesonde en veilige gesinsvermaak met stalletjies en pretritte, asook ‘n biertent vir die grootmense is deel van die dag. Die Karnaval is inderdaad groot waarde vir jou geld
Diverse gehoor
US Woordfees
Leesprojekte
WOW Skrywersfees
WOW Leeskringe neem deel aan skrywersgesprekke tydens die US Woordfees en kry geleentheid om skrywers van jeugboeke te ontmoet
Laerskole met Gr.R & Hoërskole
US Woordfees
WOW Skryfskool
Hoërskoolleerders neem deel aan die skryfskool wat deur bekende jeugboekskrywer aangebied word.
Hoërskole
US Woordfees
WOW Mediakursus vir skole
ʼn Joernalistieke werkswinkel word aangebied vir skole in samewerking met die US Woordfees se Ink-koerant. Leerders en opvoeders word ook blootgestel aan digitale media.
Hoërskole
US Woordfees
Lees is ʼn Fees
Werkswinkels vir geletterdheidsplanne vir skole met WOW Leeskringe
Laerskole met Gr.R & Hoërskole
US Woordfees
Taalontwikkeling
Taal in die Grondslagfase
Taalarmoede in Grondslagfase: gesprek deur kundiges oor maniere hoe om taalarmoede onder leerders in die Grondslagfase aan te spreek. Onderwyskundiges, spraakterapeute en uitgewers deel waardevolle wenke.
Grondslagfase
US Woordfees
Spelfees: Werkswinkel
Opleiding in proeflees en redigering
Laerskole en Hoërskole
US Woordfees
WOW Studente
WOW Dag vir Graad 12-leerders
Graad 12-leerders besoek US Woordfees en ‘n spesiale WOW-dagprogram word vir hulle aangebied. Akademiese werkswinkels in samewerking met WKOD vir NSS Vraestelle word gedoen, motiveringsprekers gesels lekker interaktief met die leerders. Inligtingsessies oor verdere studie aan die Fakulteit van Lettere en Sosiale Wetenskappe is deel van hierdie program. Die dag word afgesluit met ʼn besoek aan al die feestelikhede by die US Woordfees.
Graad 12 - leerders: Afrikaans HT / EAT
US Woordfees
WOW Dag vir Graad 12-opvoeders
Dit is ʼn program vir die onderwysers van die besoekende graad 12-leerders. ‘n Forumgesprek oor kwessies binne die onderwys vind plaas, asook ‘n skrywersprogram wat verband hou met jeugliteratuur. Ander waardevolle en opvoedkundige inligtingsessies vind ook plaas, sowel as besoeke aan die feestelikhede by die US Woordfees
Graad 12 - opvoeders: Afrikaans HT / EAT
US Woordfees
WOW Kuns en kultuur
Verf- en Verskompetisie
Met hierdie kompetisie wil die WOW graag kreatiwiteit en ‘n liefde vir kuns en poësie by die jonger leerders help aanwakker. Leerders moet ’n gedig (hulle eie of ’n gepubliseerde gedig) neerskryf en versier op A3-grootte papier. Die kunswerk met die gedig daarop word in verskillende kategorieë beoordeel en in September word die wenners aangekondig. Hierdie kompetisie word volgens ʼn voorafbepaalde tema aangepak
Laerskole
US Woordfees
WOW Debatsfees
Debateerders kan hul vaardighede slyp en aan ’n informele kompetisie deelneem. Weens toenemende belangstelling is daar drie afdelings: Nuwe Besems (spanne met min ervaring), Ou Hande (meer ervaring) en Hardekoejawels (die ervare spanne). Gekose WOW-skole dring deur na die ATKV Debatskompetisie.
Hoërskole
US Woordfees
WOW Redenaars
Laerskole word opgelei in die onderrig en aanbied van redenaarstoesprake. Leerders in graad 5 tot 7 neem deel aan die WOW Redenaars en spook dit uit om die beste redenaarstoespraak te lewer. Opvoeders word opgelei as beoordelaars en kry die geleentheid om deelnemers te beoordeel.
Laerskole
US Woordfees
WOW Dramawerkswinkel
ʼn Werkswinkel waar drama-onderwysers en leerders se talente en tegnieke geslyp word in die skryf van ʼn nuwe teks, die verwerking van tekste tot ʼn drama-produksie, die regie van ʼn produksie, sowel as spelleiding vir akteurs. Dit word aangebied deur bekroonde dramaturge, akteurs en regisseurs.