Visie

Om n welkome, relevante, ontwikkelende en transformerende ruimte van uitnemendheid te wees.

Missie

Die passievolle hartklop van die WOW-projek is om die perspektiewe van ons gemeenskappe deur middel van die woord te verruim. Die woord verrig vormverskuiwings in ons projekte wat as katalisators dien om ons gemeenskappe te bemagtig deur hul potensiaal te identifiseer, ontgrendel en te ontwikkel.

Doelwitte

  • Om ons visie deur die woord te verbreed en n bewustheid van die wonder van boeke en lees te skep. 
  • Om n vurige liefde en trots vir moedertaal aan te moedig deur die bevordering van taal asook spelvaardighede op kreatiewe maniere. 
  • Die bevordering van kreatiwiteit en effektiewe kommunikasie, die ontwikkeling van kennis, en n waardering vir die kunste.
  • Die aanmoediging, ondersteuning en bevordering van tersiêre studie.