Leesprojekte

Skrywersbesoeke vir Graad 12

Skrywersbesoeke aan Graad 12-leerders: skrywers, digters of letterkundiges vergesel WOW na skole in die Oos-, Noord- en Wes-Kaap, en gesels met leerders oor hul voorgeskrewe werke vir Afrikaans huistaal of Afrikaans eerste addisionele taal.

Laerskole met Gr.R & hoërskole

Jan. tot Feb.

WOW Skrywersfees

WOW Leeskringe neem deel aan skrywersgesprekke tydens die Woordfees en kry geleentheid om skrywers van jeugboeke te ontmoet.

Laerskole met Gr.R & hoërskole

Woordfees

Billike boekverkope

Leeskringe word aangemoedig om boekverkope by hul skole aan te pak. Dit word gewoonlik beplan vir die derde kwartaal in samewerking met vennote. Hierdie projek word aangebied soos moontlik.

Laerskole met Gr.R & hoërskole

Derde kwartaal

WOW Leeskringe

Leerders by 20 verskillende hoër-, laer- en kleuterskole vorm WOW Leeskringe en hou gereelde byeenkomste waar die boeke bespreek word met die ATKV-stembriefie in gedagte. Dit vorm deel van die ATKV Woordveertjies.

Laerskole met Gr.R & hoërskole

Feb. tot Nov.

WOW Leesfeeste

Skrywers besoek laerskole en gesels met die hele skool. Leerders kry die geleentheid om vrae te stel en boeke word uitgedeel as pryse.

Laerskole met Gr.R & hoërskole

Oktober

WOW Skryfskool

Hoërskoolleerders neem deel aan die skryfskool wat deur ’n bekende jeugboekskrywer aangebied word.

Hoërskole

Woordfees

WOW Mediakursus vir skole

Skoolbesoeke aan deelnemende skole vir werkswinkels.

Hoërskole

April tot September

WOW Mediakursus vir skole

Gala-geleentheid: skole se gerukte en digitale koerante word beoordeel, bekroon en uitgestal.

Hoërskole

November

WOW Webinaar

Kreatiewe skryfprojek

Graad 4 tot 9

Tweede kwartaal

WOW Webinaar

Letterkunde is lekker-kunde

Graad 4 tot 9

Tweede kwartaal

Lees is ’n fees

Werkswinkels vir geletterdheidsplanne vir skole met WOW Leeskringe

Laerskole met Gr.R & hoërskole

Woordfees