Woorde Open
Wêrelde
WOW: ’n Bemagtiginginisiatief by die US
Kreatiewe programme gerig op die bevordering van taal, letterkunde en die kunste word deur Woorde Open Wêrelde (WOW) in skole en gemeenskappe aangebied om leerders en opvoeders se horisonne te verbreed. Verskeie lees- en skryfprojekte help om lesers te ontwikkel wat lees met genot én begrip. WOW gee aan voornemende studente die inligting wat hulle benodig vir tersiêre studie, en bemagtig talentvolle kandidate met WOW-studiebeurse van die Universiteit Stellenbosch (US). Die Sanlam WOW Spelfees is die grootste spelkompetisie in die land, word in ál nege provinsies aangebied en gee jong leerders in ’n vroeë stadium reeds blootstelling aan die US en die geleenthede wat dié instansie bied. WOW bied ook jaarliks ’n program by die Toyota Stellenbosch Woordfees aan ter viering van die verruimende waarde van die geskrewe en gesproke woord in al sy gedaantes.

FOTO’S: Die gees van die 2026 Sanlam WOW Spelfees
Die Sanlam WOW Spelfees is ’n samekoms en ’n viering waar taaltrots gekweek word, selfvertroue gebou word en vrolikheid borrel! Meer as 500 leerders van 303 skole uit agt provinsies

Nasionale wenners: Sanlam WOW Spelfees 2026
Altesaam 522 leerders van 303 skole uit agt provinsies het die naweek deelgeneem aan die nasionale eindronde van die Sanlam WOW Spelfees by die Universiteit Stellenbosch. Hier is die wenners!

500 leerders by landswye Sanlam WOW Spelfees-finaal
Meer as 500 leerders uit agt provinsies neem die naweek deel aan die 17de Sanlam WOW Spelfees-finaal in Stellenbosch. Dit is die grootste spelfees in Suid-Afrika en word in drie

FOTO’S: ’n Langarm-erfenis
Woode Open Wêrelde (WOW) het Erfenisdag gevier met ons jaarlikse WOW-langarm-snack-dans op 25 September by die Hoërskool Lückhoff-skoolsaal in Stellenbosch. Alle kaartjieverkope word terug geploeg in die WOW-studentefonds vir beurse

WOW Fees 2026: Program bekend
Woorde Open Wêrelde (WOW) se program vir die 2026 WOW Fees is Donderdagaand bekend gestel tydens ’n voorskougeleentheid van vanjaar se Toyota Stellenbosch Woordfees in die Eikestad. WOW is ’n

US WOW bied landwye Telfees aan om syfervaardighede by leerders te bevorder
Woorde Open Wêrelde (WOW), ’n bemagtigingsinisiatief van die Universiteit Stellenbosch, stel met trots die eerste landwye WOW Telfees bekend. Danksy die ondersteuning van die Millennium Trust word die WOW Telfees