Woorde open
Wêrelde
WOW: ’n Bemagtigingsprojek aan die US
Kreatiewe programme gerig op die bevordering van taal, letterkunde en die kunste word deur WOW in skole en gemeenskappe aangebied om leerders en opvoeders se horisonne te verbreed.
Verskeie lees- en skryfprojekte help om lesers te ontwikkel wat lees met genot én begrip. WOW gee aan voornemende studente die inligting wat hulle benodig vir tersiêre studie, en bemagtig talentvolle kandidate met WOW-studiebeurse van die Universiteit Stellenbosch (US).
Die Sanlam WOW Spelfees is die grootste spelkompetisie in die land, word in ál nege provinsies aangebied en gee jong leerders in ’n vroeë stadium reeds blootstelling aan die US en die geleenthede wat dié instansie bied.
WOW bied ook jaarliks ’n program by die Toyota Stellenbosch Woordfees aan ter viering van die verruimende waarde van die geskrewe en gesproke woord in al sy gedaantes.
WOW & Bastiaanse Sekondêr vat hande
WOW hou vanjaar 21st en ons volgroei nie net ons eie skoene nie. Na 21 jaar van bemagtiging deur taal, letterkunde en die kunste by minderbevoorregte skole, het ons al
Inskrywings vir nasionale Sanlam WOW Spelfees ingewag
Dis weer tyd om te es-pee-ee-el en deel te wees van die grootste spelfees in Suid-Afrika. Registrasie vir 2024 se nasionale Sanlam WOW Spelfees is nou oop vir skole en
EasyEquities & WOW vat hande
Leerders kan nog registreer vir die Sanlam WOW Spelfees se 10-punt- en Oktober-toetse.