Mia Hardenberg

Geleentheid vir jong digters in die W-Kaap

Die Wes-Kaapse hoërskool-‘slam-poësiekompetisie

In samewerking met Woorde Open Wêrelde bring Wêreld (’n multi-dissiplinêre kunsorganisasie) ’n opwindende nuwe aanbieding na die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2024. Dié produksie is die Wes-Kaapse hoërskool-‘slam’-poësiekompetisie, en dit vind plaas Donderdag 3 Oktober om 16:00 by die Daisy Jones-venue in Stellenbosch.

HOE OM IN TE SKRYF:

Net Wes-Kaapse hoërskoolleerlinge mag inskryf.

Neem ’n video van 20-60 sekondes op van jy wat jou eie oorspronklike gedigte voorlees / perform.

WhatsApp die video na 071 322 6584 voor 23 September.

Die gedig kan in Afrikaans of Engels wees.

Die finaliste sal op 24 September aangekondig word, en word dan genooi om in persoon by die kompetisie op 3 Oktober te kom optree.

Die wenners van die slam sal ook die geleentheid kry om die verhoog te deel met van

Suid-Afrika se beste spoken-word-digters in ’n produksie met die naam WORLDPLAY, wat direk ná die slam-kompetisie plaasvind in dieselfde venue.

Die Toyota Stellenbosch Woordfees vind van 28 September tot 6 Oktober 2024 in Stellenbosch plaas. Besoek woordfees.co.za vir inligting.

Volg Wêreld op sosiale media.