Verskeie Wes-Kaapse skole is op 3 Desember by die WOW Gala op Stellenbosch vereer vir hul bywoning en deelname aan Woorde open Wêrelde (WOW) se opvoedkundige projekte.
Waardevolle pryse soos sakrekenaars en selfone het ’n glimlag op die gesigte gesit van die slimkoppe wat in die WOW Telfees uitgeblink het. Hul opvoeders se taak is ligter gemaak met projektors, werkboeke en telkaarte. Boekpryse en kunsvlytstelle is toegeken aan deelnemers aan onderskeidelik die WOW-leeskringe en die Verf-en-vers-slypskool.
Spesiale gaste was teenwoordig om die pryse te oorhandig en ’n woord van dank en aansporing vir die gaste te lewer. Hulle sluit in dr. Leslie van Rooi (senior direkteur: sosiale impak en transformasie – US), prof. Nico Koopman (viserektor: sosiale impak, transformsie en personeel – US), Catrina Wessels (bestuurder – PEN Afrikaans), Saartjie Botha (direkteur – Toyota Stellenbosch Woordfees), en Fiona van Kerwel (bestuurder – WOW).
Blaai deur ons galery en beleef die WOW-oomblikke.