FOTO’S: ’n Langarm-erfenis

Woode Open Wêrelde (WOW) het Erfenisdag gevier met ons jaarlikse WOW-langarm-snack-dans op 25 September by die Hoërskool Lückhoff-skoolsaal in Stellenbosch. Alle kaartjieverkope word terug geploeg in die WOW-studentefonds vir beurse en ondersteuning vir studie aan die Universiteit Stellenbosch. Dankie aan almal wat kom dans het vir ’n jong mens se kans op ’n blink toekoms. Dis nou erfenis!