Die Sanlam WOW Spelfees-span het op Dinsdag, 4 November op Die GROOT Ontbyt, DStv-kanaal 144 gesels.
Fiona van Kerwel, bestuurder van die Woorde Open Wêrelde-inisiatief (WOW) by die Universitiet Stellenbosch, WOW-bestuurder) en topspellers en -beamptes gesels oor die pas afgelope nasionale Sanlam WOW Spelfees.
Dit was ’n spelfees met gees en nie net is dit die grootste spelfees in die land nie; dit was die grootste aflewering sedert die Covid-19-pandemie. Rania Fransen van Prins Albert Primêr in die Wes-Kaap is die gr. 6-wenner in Afrikaans. Ruan Maartens van Laerskool Fairland in Gauteng is die gr. 7-wenner in Afrikaans. Hulle het aangesluit saam met hul onderwysers, Diana Koorts en Leanie Taljaard, wat hulle voorberei het, deur die vier spelrondes gelei het en self ook as spelfeesbeamptes deelgeneem het.
Kyk na die onderhoud by die YouTube-skakel hier onder.
Lees hier meer oor die nasionale eindronde van die 2025 Sanlam WOW Spelfees.