Woorde Open
Wêrelde
Woorde Open Wêrelde (WOW) is ’n bemagtigingsprojek van die Toyota US Woordfees.
Kreatiewe programme gerig op die bevordering van taal, letterkunde en die kunste word deur WOW in skole en gemeenskappe aangebied om leerders en opvoeders se horisonne te verbreed.
Verskeie lees- en skryfprojekte help om lesers te ontwikkel wat lees geniet en tekste verstaan. WOW gee voornemende studente al die inligting oor tersiêre studie wat hulle nodig het, en WOW Studiebeurse van die Universiteit Stellenbosch word aan talentvolle kandidate toegeken.
Die Sanlam WOW Spelfees is die grootste spelkompetisie in die land, word in al nege provinsies aangebied en gee jong leerders in ’n vroeë stadium reeds blootstelling aan die Universiteit Stellenbosch en die geleenthede wat dié instansie bied.
WOW bied ook jaarliks ’n program by die Toyota US Woordfees aan ter viering van die verruimende waarde van die geskrewe en gesproke woord in al sy gedaantes.
EasyEquities en WOW vat hande
Leerders kan registreer vir die Sanlam WOW Spelfees 10-punt toetse.