Sanlam WOW Spelfees-finaal ontsluit wêrelde
Meer as 500 leerders, hul ouers en opvoeders het op 28 September op Stelenbosch saamgekom vir die nasionale eindronde van die grootste spelfees in Suid-Afrika – die Sanlam WOW Spelfees. Leerders in die volgende grade en taalgroepe het deelgeneem: “Ek werk nou al van graag 1 af vir dié, so ek is baie trots op […]
WOW is mondig! | Woordfees ’24
WOW het die sleutels! Van 27 September tot 6 Oktober by die 2024 Woordfees vier WOW 21 jaar van potensiaal ontsluit. Die WOW-feesprogram sluit in die nasionale finaal van die grootste spelfees in die land, ’n debatfees, verf-en-versslypskool en -uitstalling, langarm, ’n konsert met Join Bands not Gangs en vele meer. Woorde Open Wêrelde (WOW) […]
Geleentheid vir jong digters in die W-Kaap
Die Wes-Kaapse hoërskool-‘slam’-poësiekompetisie In samewerking met Woorde Open Wêrelde bring Wêreld (’n multi-dissiplinêre kunsorganisasie) ’n opwindende nuwe aanbieding na die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2024. Dié produksie is die Wes-Kaapse hoërskool-‘slam’-poësiekompetisie, en dit vind plaas Donderdag 3 Oktober om 16:00 by die Daisy Jones-venue in Stellenbosch. HOE OM IN TE SKRYF: Net Wes-Kaapse hoërskoolleerlinge mag […]
EasyEquities belê in jou en in Woorde open Wêrelde
Kyk hoe kyk hy vir my, en daar is vyftig randjies vir jou! Jou registrasie vir ’n gratis EasyEquities-beleggingsrekening bring R50 in beide jou sak om te belê asook R50 in die Woorde open Wêrelde-beursfonds (WOW) vir studie aan die Universiteit Stellenbosch (US). WOW, ’n bemagtigingsprojek van die Stellenbosch Woordfees en die US, vier in […]